Kulturele toe-eiening: Nee, jy mág dreadlocks dra, rock...

DAAR'S NIKS FOUT MET WOEDE NIE

Kulturele toe-eiening: Nee, jy mág dreadlocks dra, rock luister, tjello speel

Dis een ding om te sê dat Carl Niehaus lyk asof sy aambeie jeuk wanneer hy sy lyf rondswaai, skryf ISMAL LAGARDIEN, maar iets heel anders om te sê dat ’n Afrikaan, of iemand van Afrika-oorsprong, nie “Westerse” of “Europese” musiekinstrumente hoort te speel nie.

DAAR is min dinge meer ontstemmend as om aangesê te word wat om te wees, wat om nié te wees nie en selfs hóé om te wees, wat dit ook al mag wees.

Ek praat natuurlik van kulturele determinisme, of daardie nare ding genaamd kulturele toe-eiening – asof kultuur die een of ander ewig geldige ding is wat deur die een of ander verbeelde of werklike gemeenskap besit word. Selfs al laat ’n mens ruimte vir die kleinste moontlike ondeelbare eenheid van die werklikheid, is die grondslag vir kulturele toe-eiening eenvoudig hinderlik – selfs aanstootlik.

Die luiderwordende bespreking oor kulturele toe-eiening is onteenseglik gekoppel aan die uitbreiding van identititeitspolitiek, links en regs. Die bespreking het verrot, kan mens maar sê, en nou het akademici en openbare intellektueles gehelp om dit af te sleep na ’n riool van selfvoldaanheid, retoriek en lippetaal. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.