#10 eenvoudige dinge wat dokters kan doen om jou beter te laat voel

OOK NET MENS

#10 eenvoudige dinge wat dokters kan doen om jou beter te laat voel

Ja, ons wens almal ons dokter kan ’n bietjie mooier skryf, maar JONATHAN JANSEN wou weet wat geneeshere doen wat pasiënte werklik frustreer, sielsongelukkig maak en selfs soos blote objekte op ’n voerband laat voel.

WAT is die een ding wat jy van jou dokter verwag? Die afgelope paar weke het ek mense sommer op straat, in die winkel, by die haarkapper en op sosiale media gevra oor daai “een ding" as deel van my voorbereiding vir 'n praatjie met tandartse, dokters en ander gesondheidswerkers. Die antwoorde was fassinerend.

#1 Behandel my as ’n volledige mens

Die behoefte aan holistiese sorg het baie sterk na vore gekom. “Praat met my as 'n individu, nie as 'n liggaamsdeel nie," het iemand gesê. “Ek is eerstens 'n mens, en tweedens jou pasiënt," sê iemand anders. Hierdie behoefte om as 'n volledige mens gesien te word, spruit duidelik uit hoe mense voel hulle in die spreekkamer behandel word, en dit is met 'n groot mate van emosie uitgespreek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.