Ignoreer ras en kry mense met ervaring om SA uit sy diepste...

KRISISTYD

Ignoreer ras en kry mense met ervaring om SA uit sy diepste put te trek

In 'n land waar die ekonomie gereeld deur rasse-identiteit getroef word, is dit tyd dat almal inklim en die land eerste stel, skryf LUMKILE MONDI.

  • 25 Oktober 2019
  • Vrye Denker
  • 4 min om te lees
  • Lumkile Mondi

ONMIDDELLIK ná sy verkiesing tot president van die ANC en later van die land het pres. Cyril Ramaphosa soveel belowe. Hy het flink opgetree ten opsigte van Eskom se likiditeits- en solvensiekrisis deur 'n nuwe raad aan te stel. Onder Ramaphosa se betowering kon mense glo dat 'n ekonomiese herlewing  in die vooruitsig was. 

Gekoppel aan die deursigtigheid van die proses wat tot Shamila Batohi se aanstelling as nuwe hoof van die nasionale vervolgingsgesag gelei het, en die toepassing van konstitusionele prosesse om met die verrotte oorblyfsels van die Zuma-jare klaar te speel, het dinge 'n ruk lank goed gelyk. Maar dit het sedertdien verander as gevolg van 'n traagheid om Suid-Afrika se ernstige ekonomiese probleme te takel. 

Dit sluit in 'n lae groeivoorspelling van 0,6% vir 2019, stygende werkloosheid as gevolg van 'n toename in arbeidsdeelname, en afleggings, veral in die telekommunikasie- en finansiële sektore. Die minister van finansies, Tito Mboweni, en sy adjunk, David Masondo, het die verantwoordelikheid aanvaar om Suid-Afrika uit sy ekonomiese krisis te begelei deur hul ekonomiese groeiplan, getiteld “Economic transformation, inclusive growth and competiveness: towards an economy strategy for SA", te publiseer en na terugvoer te luister. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.