In plaas van lekkergoed kry my kinders veroordeling en gebede...

WEES NIE BEVREES

In plaas van lekkergoed kry my kinders veroordeling en gebede vir Halloween

Halloween jaag alweer spoke op in Suid Afrika, maar dis eerder suikersiekte as Satan wat die gevaar inhou. Raak die volk nie moeg om duiwels te jag nie, skryf YOLANDI GROENEWALD.

DIE telg is ontsteld. Nie net is daar geen maatjies om mee Halloween te vier nie, maar die Groenewalds is op elke bidlys omdat ons meedoen aan hierdie heidense praktyk. In plaas van lekkers by huise, word 'n emmertjie vol veroordelings opgedis. 

Dit het seker nie die sibbe se saak goed gedoen nie, toe die jongste vier jaar gelede soos Elsa van Frozen aangetrek het nie. Sy blou tutu en platinum blond pruik het die vierjarige seuntjie al te fraai laat lyk, en ek dink min het vermoed die gawe ysprinses is eintlik 'n onkonvensionele prins. 

Toe was Halloween 'n nuutjie en mense het selfs hul huise opgemaak en pampoenlanterns gekerf. Baie het hulle bure vir die eerste keer ontmoet toe hulle die klokkie lui en die plastiek oogballe in die koeldrank en die grillerige slym was net kinderlike pret. Ril was pret en plesier. Die lekkergoed het gevloei. Selfs ouers het in die gees gekom met kreatiewe kostuumskeppings...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.