POLITIEKE NOTABOEK | Trek uit die vinger, Gwede, en bly in jou ...

THUMA MINA

POLITIEKE NOTABOEK | Trek uit die vinger, Gwede, en bly in jou baan, Helen

Kraai maar, Johannesburgers, julle gaan nog die DA mis, skryf MAX DU PREEZ. Hy skryf ook oor Gwede Mantashe wat na die vakbonde se pype dans, staatsamptenare wat nie wil Thuma Mina nie en die EFF wat self 'n paar leiers onder die gat wil skop.

VIR die Johannesburgers wat so kraai oor Herman Mashaba se bedanking as burgemeester wag daar 'n onaangename verrassing. Dit gaan waarskynlik tot die einde van die DA se bestuur in dié metro lei, want dit kan nie sonder die EFF se samewerking staande bly nie. En dan is die ANC terug in die kussings.

DA-lojaliste het die laaste week slegte goed van Mashaba gesê. Selfs die nuwe voorsitter van die federale raad, Helen “Ek bly in my baan” Zille, het op televisie gal gebraak oor hoe vrot sy administrasie was nadat Mashaba haar 'n “regse” genoem het. (Sy het ook die indruk gegee sy het swaarder as hy onder apartheid gekry – terwyl hy ryk geword het, het sy MK-vegters versteek en Steve Biko se moordenaars uitgewys, het sy gesê. Sy het ook in een van haar vele TV-verskynings die laaste week verklaar: “Ek is nie 'n wraaksugtige person nie.” He-he-he.)

>> Lees ook die ontleding van die jongste DA-dramas hier: Die DA: Dis Lasarus of lykshuis (https://www.vryeweekblad.com/nuus-en-politiek/2019-10-24-die-da-dis-lasarus-of-lykshuis/)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X