Wettige dagga: Is kinders volgende?

GRONDWET

Wettige dagga: Is kinders volgende?

Suid-Afrikaners mag nou dagga vir persoonlike gebruik besit en gebruik, mits jy 18 jaar of ouer is. Nou is daar omstrede stappe om die gebruik van dagga deur kinders ook te dekriminaliseer, skryf TANIA BROUGHTON.

DIE uitspraak van die Konstitusionele Hof in die saak Prince versus die minister van justisie en konstitusionele ontwikkeling was duidelik. Dit het die gebruik, besit en kweek van dagga wettig gemaak slegs in ’n private plek en alleenlik vir persoonlike gebruik deur volwassenes. 

Hierdie grondwetlike uitspraak het weer onder die loep gekom nadat vier leerders tussen die ouderdomme van 14 en 16 gedurende ’n dwelmtoets by hul hoërskool in Klerksdorp positief getoets is vir dagga. 

Die vier het voor ’n landdros verskyn en is beveel om ’n drie maande lange rehabilitasieprogram, wat skynbaar 15 jaar gelede deur plaaslike aanklaers opgestel is, ingevolge ’n “wegkeringsprogram” te ondergaan. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X