Die Bokke se sege gaan nie Eskom red of Moody’s oortuig nie –...

MAGTIGE WENNERS

Die Bokke se sege gaan nie Eskom red of Moody’s oortuig nie – dit het iets groters verrig

Die wenners van die Wêreldbeker-rugbytoernooi het in Suid-Afrika aangekom, onder groot toejuiging van ’n nasie. Wat beteken dit vir ons in ’n so te sê gebroke land? Baie, baie meer as ’n sportprestasie, meen JONATHAN JANSEN.

IETS het in Suid-Afrika verskuif ná daardie magtige oorwinning teen Engeland in verlede naweek se Wêreldbeker-rugbytoernooi in Tokio, Japan. Rugby het iets reggekry wat geen ander sport nog kon nie – van townships met riool in die strate tot geliefde kroeë in klein dorpies tot weelderig gestoffeerde raadskamers in die groot stede het dit tot ’n vloedgolf van vreugde en viering onder swart en wit, ryk en arm, die werkersklasse en die welvarende voorstedelikes gelei. Iets het in Mzansi gebeur.

Die oorwinning raak aan al daardie hartverkwikkende simbole wat ons land in krisistye aangryp. Die eerste swart rugbykaptein respekteer duidelik sy wit afrigter, wat op sy beurt onverborge bewondering vir sy leier op die veld het. Jy’t meer as ’n gedeelde doel nodig om die Wêreldbeker te wen; jy kort ʼn chemistry onder die leierskap, en die foto waar Siya Kolisi teen sy geslepe rugby-afrigter se bors leun sal ons nie sommer gou vergeet nie.

Dan was daar die eerste swart vrou wat ’n Wêreldbeker-rugbypaneel van (manlike) kommentators, swart en wit, op SuperSport gelei het – ’n mylpaal-prestasie wat amper onopgemerk verbygegaan het. Motshidisi Mohono was eenvoudig uitsonderlik in terme van haar rugbykennis, haar kalm opwinding en haar vermoë om ’n groep mans wat self al die spel iewers in hul loopbane gespeel het, te lei. Ek het nooit gedink ek sal so ’n transformasie op die stel van ʼn baie manlike, chauvinistiese rugbykultuur sien nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.