Die definisie van ras – is ons terug waar ons was?

DIE DING MET DIE DA

Die definisie van ras – is ons terug waar ons was?

Die DA is nie alleen is sy stryd met die nalatenskap van rassisme en die bevraagtekenbare gebruik van ‘ras’ in Suid-Afrika nie, maar die uitsprake deur baie van sy leiers en die huidige ideologiese woelinge in die party dui alles daarop dat die DA se skip in die verkeerde rigting vaar. ANGELO FICK ondersoek dié dilemma, asook die problematiese definisie van ‘ras’.

ONS het al ’n ver pad gekom wat ons openbare debat oor “ras” en die politieke waarde daarvan betref.

In ons truspieëls sien ons koloniale idees oor wesensverskille tussen mense, wat deur apartheid uitgebrei en verdiep is en deur die Wet op Bevolkingsregistrasie van 1950 onsinnig gekodifiseer is. Dit het die idee van bevolkingsgroepe vasgelê, wat toe summier toegepas is op mense en die landskap waarop ons leef.

Toetse is uitgedink en uitgevoer om te bepaal waar die grense tussen “rassegroepe" lê. Ons sal dalk nooit die omvang weet van die getalle en gevalle wat bewys hoe arbitrêr en ontmenslik dit geword het nie. Sandra Laing se lewe is seker die treffendste voorbeeld van die mag en uitwerking van apartheid se rassistiese formulering van “ras"...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.