Sportseges en harde werk is boustene vir ’n beter toekoms

BOONSTE SPORT

Sportseges en harde werk is boustene vir ’n beter toekoms

Dryf Mbuyiseni Ndlozi en Steve Hofmeyr se tweets in die drinkwater van die nasie, wonder CAS WEPENER en DALÉNE FLYNN na aanleiding van hul reaksie op die Springbokke se oorwinning in die Wêreldbekertoernooi.

  • 08 November 2019
  • Vrye Denker
  • 8 min om te lees
  • artikel 10 van 31
  • Cas Wepener en Daléne Flynn

DIE Springbokke se oorwinning het ’n golf van nasionale trots oor die land laat spoel. Meestal klink dit soos ’n loflied op. Die optimisme herinner aan die emosies ná afloop van die Springbokke se verowering van die Wêreldbeker in 1995 en Bafana Bafana wat die Afrikanasies-trofee in dieselfde jaar gewen het. Dit lyk egter of daar telkens te midde van die opwelling van nasionale trots en die samehorigheidsgevoel ook ’n minderheidstem uitgebring word; ’n jammerlike klaaglied van mense wat min waarde in die seges sien.

Volgens die akademikus Mark Hay het die rugby- en sokkeroorwinnings in die 1990's ’n nasionale atmosfeer van eenheid en versoening geskep. In teenstelling hiermee het die digter Antjie Krog in dieselfde tyd in Country of my skull die psigiater dr. Sean Kaliski aangehaal wat gepraat het van “this quick fix, this Rugby World Cup scenario”.

Was en is hierdie sportgeleenthede waardevolle en samebindende gebeurtenisse vir ’n nasie? Is die Springbokke se oorwinning die afgelope naweek ’n stimulus vir sosiale kohesie (die wyse waarop ons ruimte maak vir mekaar en saam leef) in ’n tyd wanneer dit broodnodig is? ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.