Rugby se slagvelde is armer sonder Beast

EINDE VAN 'N ERA

Rugby se slagvelde is armer sonder Beast

Die bebaarde Tendai “Beast” Mtawarira het ’n onuitwisbare merk op Suid-Afrikaanse en wêreldrugby gelaat, skryf KHANYISO TSHWAKU nadat die 34-jarige loskopstut aangekondig het dat hy internasionale toetsrugby vaarwel roep.

  • 15 November 2019
  • Vrye Denker
  • 4 min om te lees
  • Khanyiso Tshwaku

DIE bynaam “Beast” het reeds van Tendai Mtawarira ’n kultusheld gemaak, maar dit was tydens ’n Super Rugby-wedstryd vir die Sharks teen die Stormers op King’s Park in 2012 dat hy werklik sy indruk op die Suid-Afrikaanse rugby-psige gemaak het.

Met die afskop het hy vir Anton Bresler opgelig; dié het te ver agteroor gestrek en as dit nie vir Mtawarira en sy brute krag was nie, sou die slot baie sleg op sy nek kon beland het. In sy kommentaar vir SuperSport het Matthew Pearce gesê: “Ongelooflike krag van Beast Mtawarira. Om vir Anton Bresler só bo te hou. Dit het [Bresler] van ’n potensieel ernstige besering gered.” Joel Stransky was volgende: “Kyk net daar, oor die bokant gaan Bresler, en daar het Beast hom in ’n absoluut gimnastiese greep. Hy kantel hom terug onder toe. Aa! Dit is net briljant.”

Dit was ’n stukkie kommentaar wat, terwyl dit simplisties in die kol was, nie ten volle Mtawarira se kordaatstuk kon beskryf nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.