WERKNEMERS van die SAA het met die afgelope staking ’n nederlaag gely. Hulle het niks meer gekry as die 5.9% wat hulle op die vooraand van die staking aangebied is nie en moes die aftog blaas nadat hulle ’n week se lone verloor het. By Eskom gaan probleme nie so vinnig uitgestryk kan word nie.
Die NUM en Numsa beplan ’n verwelkomingspartytjie vir André de Ruyter op 15 Januarie 2020, sy eerste dag op kantoor as uitvoerende hoof. Dit sal beslis ’n geesdriftige affêre wees, maar ondanks die groot fokus op Eskom in die openbare sfeer was daar tot nog toe byna geen interaksie tussen werknemers en die bestuur óf regering oor hul gedeelde toekoms nie.
Besighede en diegene wat ten gunste van ekonomiese hervorming is, het met goedkeuring toegekyk hoe die SAA-staking sigself uitspeel. Die regering het voet by stuk gehou, was konsekwent rakende sy “tot hier toe en nie verder nie” en het die dispuut aan die SAA-bestuur oorgelaat om op te los...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.