Futlose ANC-leiers kan nie alleen die verrotting stuit nie

TYD VIR HANDE VAT

Futlose ANC-leiers kan nie alleen die verrotting stuit nie

Dis tyd dat die ANC ophou slagoffer speel en vingers wys, en begin besef watter groot aandeel hulle die afgelope 25 jaar in die land se agteruitgang gehad het. Die regering sal moet hande vat met ware talent en entrepreneurs en begin om die land weer op te bou, skryf WILLIAM GUMEDE.

DANKSY staatskaping, onbevoegdheid en wanbestuur het Suid-Afrika sedert 1994 byna net soveel geld verkwis as wat die VSA ná die oorlog aan lande in Europa en Asië geskenk het om hul ekonomieë te herbou.

Die bedrae wat sedert 1994 verboemel is, wat groei en ontwikkeling kon stimuleer en openbare dienste moes lewer, is verbysterend: meer as R2 triljoen is deur openbare korrupsie ingesluk en die regering het reeds meer as R2 triljoen ingestoot om staatsondernemings te probeer red.

Hierdie syfers hou nie rekening met die waarde – in werksgeleenthede en in groei – wat verlore gaan wanneer gevestigde ondernemings sluit of pasgebore maatskappye ’n vroeë dood sterf, en potensiële projekte nooit verder as die beplanningsfase gaan nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.