Geseënde Kersfees: Kom ons maak moeilikheid

TRAPPE VAN RASSISME

Geseënde Kersfees: Kom ons maak moeilikheid

“Ignoreer haar grappies,” fluister ’n niggie. “Jy weet hoe sy is as sy ’n glasie wyn in het.” Jy rol jou oë. Die niggie bied vir jou ’n hertzoggie aan, want ten minste is die tannie se hertzoggies uit die boonste rakke. Ja, haar rassisme is ook uit die boonste rakke, dink jy. Maar dit sê jy nie hardop nie; jy’s gewaarsku om nie moeilikheid te maak nie ... BEYERS DE VOS maak hom reg vir Kersfees-chaos.

DIT begin só: spierwit tafeldoek, rooi borde, rooi wynglase, groen kerse, servette met ’n pretpatroon van dansende Kersvaders. Kersklappers – slegs een per gas, want die goed het gans te duur geword.

Die huis ruik na kaneel en suiker en roosmaryn en lamsboud. Die kroeg is oorvloedig. Almal is effens op hul senuwees, want dominee was bietjie geselserig in die kerk vanoggend en nou is ons agter skedule. Boeta is dikbek, want hy’t nie gekry wat hy wil hê nie. Niemand het onthou om vir tant Tienie haar spesiale hanepoot te koop nie.

Ouma vergeet  heeltyd waar sy haar bril gesit het. Die kleinkinders sal nie kan swem nie, want dit reën – al weer. Maar mense kom van ver af en dis mos te lekker om almal so saam te wees. Te lekker vir woorde...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.