Ons en die ANC – is dit ’n geval van Stockholm-sindroom?

ROOK EN SPIEËLS

Ons en die ANC – is dit ’n geval van Stockholm-sindroom?

Ons land is flenters – gebreek, in stukke. Byna niks wat die regering bestuur, werk nie. Die staatskas is kaal. Ons kan letterlik nie die ligte in Suid-Afrika aanhou nie, en tog stem die meerderheid van ons mense oor en oor (en óór) vir 'n politieke party wat verantwoordelik is vir dié skouspelagtige wanbestuur. Wat steek hier agter, vra ANNELIESE BURGESS.

DAAR gebeur dit toe. Fase 6-beurtkrag. En met daardie aankondiging was dit asof die land deur 'n sielkundige grens gebreek het.

Fase 2 was hier-gaan-ons-al-weer. Fase 4 was julle-kan-nie-*&%-ernstig-wees-nie?

Fase 6 was nóú-het-ons-genoeg-gehad. Dit was hoe-durf-julle? Dit was hou-op-lieg-en-vertel-ons-wat-aangaan. Dit was 'n diep en donker gatvolheid van 'n land se mense wat beter verdien. Ek kon dit voel sprei, soos 'n wolk impepho* – 'n smeulende, verligtende rook van erkenning en woede wat deur die land versprei het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.