Gesondheidsorg is sterwend, maar die ANC speel politieke speletjies

SIEK SUID-AFRIKA

Gesondheidsorg is sterwend, maar die ANC speel politieke speletjies

Gesondheidsminister Zweli Mkhize en sy party probeer mense deur middel van die nasionale gesondheidsversekering terugdwing in 'n korrupte staatsgesondheidstelsel, skryf JUSTICE MALALA.

SOMS kan 'n mens maar net wonder van watter planeet sommige van ons ministers kom. Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het gemaak dat ek laas week maar net my kop geskud het toe hy verklaar het dat wanneer die nasionale gesondheidsversekering (NGV) eers ingestel is, daar min verskil tussen die gehalte van diens in openbare en private hospitale sal wees.

Wat presies sal so 'n radikale verandering teweegbring as 'n mens kyk na die situasie vandag? Daar is 'n baie groot verskil tussen die openbare gesondheidstelsel wat ineengestort het en die betroubare private hospitale. 

Die minister was verlede Woensdag by 'n staatshospitaal en het daar gesê: “Ons begin nou 'n nuwe dekade waarin ons beslissende stappe gaan neem om die NGV in werking te stel. Wanneer dit ten volle geïmplementeer is, sal daar geen verskil tussen openbare en private hospitale wees nie. Ons glo dat ons inkrementeel veranderinge en verbeteringe in die gehalte van gesondheidsorg gaan sien."..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.