Ramaphosa – ruggraatloos of is sy hande bloot afgekap?

SKAAKMAT!

Ramaphosa – ruggraatloos of is sy hande bloot afgekap?

Hoewel die Zuma-era van plundery verby is, is ons nie juis veel beter af met pres. Cyril Ramaphosa se tendens van “niksdoen" nie, skryf PIET CROUCAMP. Om in ’n benarde ekonomiese posisie soos SA s'n moeilike besluite te vermy bloot om die vrede te bewaar, rig geweldige skade aan. Kan van sy lojale ministers hom red, of sit hulle ook handjies gevou?

DIE nagmerrie-jare van Jacob Zuma is verby, of só het ons gedink. Daar is weinig twyfel dat Cyril Ramaphosa aansienlik meer politieke integriteit as Zuma het, maar dit is ook so dat daar ’n geldige persepsie bestaan dat die president óf ruggraatloos is óf “niksdoen" as 'n politieke opsie gebruik.

Dit kan ook wees dat die politieke teenstrydighede binne sy eie party die president eenvoudig meermale met geen keuse laat as om net eenvoudig nie moeilike besluite te neem nie.

Maar, gegewe die dringendheid en benardheid van ons ekonomiese posisie, rig die opsie om “niks te doen nie" enorme skade aan. Om die status quo te handhaaf, beskerm die staatskapers teen vervolging en bring die korruptes onder die indruk dat hul dade nie gevolge sal hê nie. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.