Die knars van groot getalle klink Isabel dos Santos se doppie

ANGOLA

Die knars van groot getalle klink Isabel dos Santos se doppie

Datajoernalistiek het ’n onmisbare rol gespeel in onthullings oor die grootskaalse korrupsie waarby Afrika se rykste vrou, Angola se Isabel dos Santos, na bewering betrokke is, skryf HERMAN WASSERMAN.

DAT Isabel dos Santos dit kon regkry om ’n persoonlike fortuin van $2.2 biljoen op te bou deur dekades se nepotisme en politieke konneksies (haar pa, Eduardo dos Santos, was Angola se president van 1979 tot 2017), herinner aan die staatskaping in ons eie land. Daar word immers beraam dat die korrupte dekade toe Jacob Zuma en sy Gupta-gabbas in beheer van sake was, Suid-Afrika meer as R500 biljoen gekos het.

Nes Zuma en die Guptas se staatskaping nie in isolasie plaasgevind het nie, maar moontlik gemaak is deur die samewerking van ’n reeks internasionale rolspelers, van wapenvervaardigers tot ouditeursfirmas, het Dos Santos haarself ook glo persoonlik verryk met behulp van ’n internasionale netwerk van konsultasiefirmas, regslui en nie-regeringsorganisasies. 

’n Wavrag ‘bewyse’ ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.