Só wil André de Ruyter keer dat Eskom SA verwoes

PROBLEEM-ORGANISASIE

Só wil André de Ruyter keer dat Eskom SA verwoes

Dis die moeilikste werk in die land: om die baas van Eskom te wees. Met die ekonomie wat aan 'n nerf hang en die minister wat hom aangestel het in die spervuur, is daar enigsins hoop dat André de Ruyter Suid-Afrika se mees wanfunksionele maatskappy kan regruk? LISA STEYN en WARREN THOMPSON berig.

  • 24 Januarie 2020
  • Vrye Denker
  • 17 min om te lees
  • Lisa Steyn en Warren Thompson

WAT kon 'n ervare, gerespekteerde sakeman besiel om die moeilikste werk in Suid-Afrika aan te vat – boonop met 'n aansienlik laer salaris?

Arrogansie, grootheidswaan of pure dwaasheid is moontlike beweegredes, sou jy kon aanvoer. Maar wanneer dit by André de Ruyter kom, is dit heel moontlik dat dit 'n diepe besef van nasionale plig was wat hom in die onbenydenswaardige posisie van uitvoerende hoof van Eskom laat beland het.

Ná 'n strawwe proses het De Ruyter 142 potensiële kandidate, onder wie agt Eskom-werknemers, uitgestof vir die werk. 'n Aantal top uitvoerende hoofde wat genader is, het die kans om vir die posisie oorweeg te word van die hand gewys. Dis nie juis verbasend nie as 'n mens in ag neem dat nie een van Eskom se 10 uitvoerende hoofde die laaste dekade in glorie by die kragvoorsiener weg is nie. Die algemene konsensus is dat dit beslis beroepselfmoord is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.