POLITIEKE NOTABOEK | AfriForum vry weer na Trump en Fox

’N WEEK IN DIE POLITIEK

POLITIEKE NOTABOEK | AfriForum vry weer na Trump en Fox

MAX DU PREEZ skryf oor AfriForum se #DieWêreldMoetWeet-veldtog, die verstommende arrogansie van die staatskaperbende en Floyd Shivambu se waansin.

DAAR gaan AfriForum al weer Trump-Amerika en Fox News toe om te gaan kla hoe die Afrikaners as minderheidsgroep “onderdruk” word. Met hoofpropagandis Ernst Roets aan die spits, net soos laas toe hy op Fox was en ’n foto saam met Donald Trump se destydse nasionale veiligheidsraadgewer, John Bolton (die einste wat nou weer in die nuus is), geneem gekry het.

Afrikaners word op plase uitgemoor, daar is ’n oorlog teen die Afrikaanse taal, regstellende aksie verwoes jong Afrikaners se toekoms, Afrikaners se grond word gekonfiskeer, is die boodskap. Ek kan al sien hoe opgewonde Sean Hannity van Fox en die Amerikaanse alt-right daaroor gaan word.

Ek hoor Roets en sy geselskap wil nou Bolton se opvolger, Robert O’Brien, teiken. Want sien, O’Brien, ’n vooraanstaande juris van Los Angeles, praat Afrikaans. Hy was in die middel-1980’s ’n uitruilstudent by die Universiteit van die Vrystaat en lees glo steeds Huisgenoot om sy Afrikaans op peil te hou...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.