Politiek, binnegevegte en omkopery: Welkom by die laerskoolse...

TIERMAMMAS

Politiek, binnegevegte en omkopery: Welkom by die laerskoolse ouer-oorlog

As jy dink politici is die enigste mense wat kan vuil speel om hul sin te kry, sal jou mond oophang as jy hoor hoe laerskoolmammas konkel om hul bloedjies se kanse op skoolsukses te vergroot, vertel YOLANDI GROENEWALD.

DIE Zondo-kommisie na staatskaping het skaars in die nuwe jaar begin en nog 'n getuie is besig om te bieg oor nog 'n vergryp, nog 'n skande. Hy praat dat die spoeg spat van Gupta-ontmoetings en politieke intriges.

Die man is egter flou teenoor die drama wat hom op my foon afspeel. Die WhatsApps vlieg heen en weer, op Facebook is daar subtiele skimpe van korrupsie. Die politieke intrige verdiep elke minuut. Want saam met Zondo het die nuwe skooljaar begin, en die politiek tussen die mammas is 'n kommissie van hul eie werd.

By Zondo was daar al 'n paar ongelooflike stories. En by die laerskole sal jy ook maar swaar sluk aan 'n paar van die verhale van die ambisieuse ma’s. Dis nie stories oor hardwerkende onderwysers en liefdevolle ouers nie, alhoewel daar hope daarvan ook is. By veral Afrikaanse laerskole is daar 'n nuwe geslag ouers wat speel om te wen. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.