Skoolverdrinkings: Kom politici met moord weg?

KULTUUR VAN STRAFFELOOSHEID

Skoolverdrinkings: Kom politici met moord weg?

Die gebrek aan ’n strategie vir waterveiligheid en ’n reguleringsliggaam vir wateravontuurmaatskappye is nie ons – en ons kinders – se enigste probleem nie. Die probleem is ook dat ons as bekommerde Suid-Afrikaners nie genoeg doen om politici aanspreeklik te hou vir al die Enock Mpianzi's en Michael Komapes nie, skryf FARIEDA KHAN.

DIE hele land is onlangs aangegryp deur die verhaal van die 13-jarige Enock Mpianzi, ’n leerling van Parktown Boys High School in Johannesburg, wat vermis geraak het by ’n oriënteringskamp by die Nyati Bush and Riverbreak Lodge. Sy lyk is later in die Krokodilrivier gekry, waar hy vermoedelik verdrink het.

Die ondersoek na die voorval duur voort, maar daar is reeds aantygings van nalatigheid teen die skool, die betrokke onderwysers, asook die fasiliteerders by die kamp gemaak. Harde vrae word gevra om te bepaal of die skool en die kamp hul verpligtinge teenoor die kinders nagekom het.

Blitsige vs. trae optrede..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.