POLITIEKE NOTABOEK | Trump, Niehaus, Malema en jou ma se post-truth

DIE WEEK IN POLITIEK

POLITIEKE NOTABOEK | Trump, Niehaus, Malema en jou ma se post-truth

MAX DU PREEZ skryf oor Donald Trump se minagting vir die waarheid en die demokrasie, oor sy Suid-Afrikaanse politieke klone, en oor die Jaar van die Oranje Oorpakke.

MY vermoede is dat jou en my kleinkinders eendag in die geskiedenisklas gaan leer hoe fundamenteel Donald Trump die politieke kultuur in die demokratiese wêreld verander en ondermyn het – veral, en dit lyk in dié stadium waarskynlik, as hy in November vir nog 'n termyn as Amerikaanse president herkies gaan word.

Nog voor die Demokraties-beheerde kongres hom in 'n staat van beskuldiging geplaas het, het hy magsmisbruik genormaliseer en die politieke diskoers die rioolslote in gesleep. Hy het geen respek vir waarheid en feite nie; hy het volgens instellings wat rekords hou, al meer as 16,000 keer blatant gelieg sedert hy president geword het.

Hy regeer soos 'n despoot en vee hom doodgewoon aan tradisie, die wetgewers en die howe af. Hy belaster en vervloek almal wat hom durf teengaan. Hy is 'n groot inspirasie vir elemente in Amerika en elders wat in wit heerskappy glo en onverdraagsaam is jeens mense wat nie soos hulle is nie. Hy het die media tot vyande van die nasie verklaar...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.