SA ekonomie: Die verbode p-woord

PRIVAAT KAPITAAL

SA ekonomie: Die verbode p-woord

Die tektoniese plate van Suid-Afrika se politieke en ekonomiese landskap is besig om te gly-skuif op 'n wyse wat 'n permanente effek kan hê op die verhouding tussen die staat, die ekonomie en die samelewing. PIET CROUCAMP besin oor die sosiale kontrak van die 1990’s, asook die pad vorentoe.

WIT Suid-Afrikaners het tot 1990 geen ervaring van demokrasie gehad nie en hulle het ook op geen wyse liberale waardes gehad nie. Helen Suzman se liberalisme en Joe Slovo se kommunisme was ononderskeibaar vir 'n Afrikaner-nasionalis.

Swart Suid-Afrikaners was tot in daardie stadium uitgesluit van politieke deelname, wat beteken hul politieke geskiedenis het ook geen epigenetiese mutasie van demokratiese gedrag bevat nie. Gegewe die geskiedenis van die bevrydingstryd is liberalisme met 'n wrewelgedrewe skeptisisme bejeën, en dit is vandag nog só.

Op een of ander bisarre wyse het hierdie twee historiese ras-nasionalismes egter 'n liberaal-demokratiese kompromis aangegaan wat albei “-ismes" soveel gepas het soos 'n paar onpaar skoene. Dalk was FW de Klerk reg toe hy gesê het die val van die Berlynse muur in 1990 het 'n ideale geleentheid geskep om apartheid in te ruil vir 'n liberale demokrasie aangesien die gebeure in Europa kommunisme 'n teoretiese nekslag toegedien het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.