Innie-mirrel-Cyril

STAATSREDE

Innie-mirrel-Cyril

Cyril Ramaphosa se staatsrede het gerusstellende elemente en heelwat praktiese voorstelle bevat, maar daar was nie juis die soort inspirasie in donker tye wat die grond onder ons voete laat beweeg nie. En amper-amper het die EFF se skollies sy kalklig gesteel, skryf MAX DU PREEZ.

PRESIDENT Cyril Ramaphosa  het nou nie juis die Rubicon dramaties oorgesteek met sy staatsrede nie, maar ons moet dalk begin aanvaar hy is nie juis 'n Rubicon-tipe-politikus nie. Hy het wel, anders as tevore, heelwat konkrete planne voorgelê en duidelik laat blyk dat hy weet in watter penarie die land is.

Voor hy Donderdagaand sy toespraak begin het, het ek vermoed ek gaan agterna sê: Mooi woorde, Cyril, maar moenie ons kwalik neem as ons wag vir die implementering van al die nuwe idees nie. Dit is toe inderdaad die geval, selfs al het hy duidelik gesê 2020 moet die jaar wees waarin die basiese goed reggemaak word en dat daar nou 'n “beslissende nuwe begin” gemaak moet word om die ekonomie te laat werk en groei.

Hy het wel die deur oopgemaak vir Tito Mboweni, minister van finansies, om in sy begrotingsrede oor twee weke meer vleis aan die bene van sy staatsrede te sit, onder meer oor Eskom en die staatsdienssalarisrekening wat verlaag moet word. Dalk wag dáár ‘n klein Rubicon-spruitjie om oorgesteek te word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.