Jonathan Jansen is ’n internasionaal erkende kenner van opvoeding wat in 2009 die eerste swart rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat geword het. Hy is ’n gereelde bydraer tot koerante en is bekend vir sy menings oor transformasie, vreedsame versoening en eenheid.
AKADEMIESE AASVOËLS
Bedrogwetenskap: hoe korrupte SA akademici navorsingsmiljoene opraap
Akademici wat ’n oormaat publikasies lewer, wat in roofvaktydskrifte publiseer, wat daarop aandring dat hul name by die gepubliseerde werk van hul nagraadse studente moet verskyn, wat herhaaldelik in die vaktydskrifte publiseer waarvan hulle in die redaksie dien ... hulle moet in hulle spore gestuit word, skryf JONATHAN JANSEN.
Deel
WANNEER Suid-Afrikaners oor korrupsie praat, verwys ons na ’n spoedvraat wat ’n verkeersbeampte omkoop, ’n munisipale bestuurder wat die tenderregulasies oortree of ’n politikus wat ’n familielid in ’n departement onder sy toesig aanstel.
Niemand praat oor akademici wat drie basiese take moet verrig nie: om te onderrig, navorsing te doen en gemeenskapsdiens te lewer. Vandag wil ek een van die skandaligste vorms van bedrog in hoër onderrig aan die lig bring – iets wat akademiese korrupsie genoem word.
Geen direkte geld word aan dosente vir onderrig of gemeenskapsdiens gegee nie, maar biljoene word aan navorsing bestee, en dis waar die akademiese aasvoëls rondhang om belastingsbetalersgeld op te raap. Trouens, vir navorsingspublikasies van 2018 sal die regering se departement van hoër onderwys en opleiding sowat R2,3 biljoen aan universiteite uitbetaal...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelJonathan Jansen
OnderwyskennerJonathan Jansen is ’n internasionaal erkende kenner van opvoeding wat in 2009 die eerste swart rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat geword het. Hy is ’n gereelde bydraer tot koerante en is bekend vir sy menings oor transformasie, vreedsame versoening en eenheid.