Siembamba, ek het ’n land sien ween

DIS TE LAAT

Siembamba, ek het ’n land sien ween

So warm soos haar hart kon klop oor ’n land verenig in haar smart oor die jong Tazne van Wyk wat dit ’n paar treë van haar huis durf waag het, so koud laat FW de Klerk se verskoning oor sy apartheid-uitlatings haar, skryf ANASTASIA DE VRIES.

DIE kind is dood, het hulle gesê, weggegooi in ’n sloot by Worcester. Siembamba. Ek het ’n land sien ween. Ek het die kind wat net in die son by Elsies wou speel deur die ganse land sien trek sonder ’n pas, ’n kleur, ’n komvandaan.

Die kind is nie dood nie. Sy leef in die hordes gedigte in haar naam wat sedert verlede week in die sosiale media verskyn het, in die dringendheid waarmee haar naam van oraloor in digvorm opgeroep word. In Afrikaans. In Engels. Tazne van Wyk, agt jaar oud van Elsiesrivier se Connaught-landgoed.

Van die Kaap tot Koekenaap, van Durban tot Delareyville, van Bishop Lavis tot Springbok, van Pretoria tot Delft, Cullinan tot Elsies word haar naam soos ’n vuis teen die hemele gelig. Digkuns teen nog ’n nuwe naam op ons skandmuur, nog ’n kind, nog onskuldige bloed. Digwerk om te reinig, om die pyn en die skaamte en die onmag te ledig. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.