Thabo Mbeki se vergete volksmoord

GEVOLGE VAN BELEID

Thabo Mbeki se vergete volksmoord

Net soos FW de Klerk verkieslik nie 'n opinie oor demokrasie moet hê nie, so moet Thabo Mbeki verkieslik nie 'n opinie uitspreek oor misdade teen die mensdom nie, voer PIET CROUCAMP aan.

SUID-AFRIKA is 'n wrede land. Menselewens was nog altyd min werd, en niks het die afgelope 25 jaar verander nie. Elke 48 uur word 114 mense vermoor. Net sowat 20 van dié 114 vermoordes se saak het enige kans dat daar uiteindelik geregtigheid sal wees. Letterlik duisende vroue word daagliks seksueel geteister, verkrag of is die slagoffers van geweld, sonder enige gevolge. 

Hierdie wreedhede het uiteraard 'n verlede. Die vernietigende gevolge van die verval van gesinstrukture is net een van die oorsaaklike veranderlikes wat hierdie “strukturele geweld" voorafgaan, maar dit is waarskynlik die belangrikste rede vir die hede wat soms soveel 'n misdaad teen die mensdom is as wat die verlede was. 

Met die 2020-staatsrede het twee voormalige presidente enkele stoele van mekaar in die openbare galery van die nasionale wetgewer gesit. FW de Klerk was Suid-Afrika se laaste wit president en is 'n Nobel-vredespryswenner. Hy was nie naastenby so wreed en polities nydig as sy voorgangers nie, en hy het ook die momentele wysheid gehad om die skrif aan die muur vir apartheid te sien. Tog wil hy ontken dat sy eie politieke verlede, asook dié van Afrikaner-nasionalisme, 'n misdaad teen die mensdom was. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.