LESERSBRIEWE | Cosatu se slinkse plan om die leeggetapte...

PENSIOENE

LESERSBRIEWE | Cosatu se slinkse plan om die leeggetapte regering verder te tap

Die vakbondunie wil staatsdienswerkers se aftreegeld in die bodemlose put van ons onredbare kragopwekker stort, maar wie het eintlik seggenskap oor hierdie geld en hoekom gebruik die vakbondfederasie nie sy eie biljoene nie?

  • 06 Maart 2020
  • Vrye Denker
  • 1 min om te lees
  • artikel 25 van 27

COSATU het klaarblyklik nie net die regerende ANC-alliansie nie, maar ook seksies van die breër burgerlike samelewing soos Busa oorreed om ’n plan te aanvaar om Eskom, en by implikasie die land, van ’n ekonomiese katastrofe te red. 

Die blink plan behels dat R254 biljoen van die sowat 1,2 miljoen staatsdienswerknemers en 400,000 staatsdienspensioenarisse se aftreespaargeld, wat reeds as gevolg van wanbestuur en korrupsie by die OBK onder beleg was, in die bodemlose put van ’n onredbare kragopwekker gestort moet word.  

In die plan word die OBK geteiken om die offer, wat “net 7%" van die geldpot van R2 triljoen sal behels, te bring. Oppervlakkig beskou en getooi met  argumente wat die vuisvoos en leeggetapte regering en sy vennote graag wil hoor, klink alles so aanneemlik. Dit word voorgestel as die enigste uitkoms, ’n kwessie van lewe en dood, maar is dit werklik? Is dit nie omdat die ANC-regering tot elke prys vasklou aan die monopolie om krag te voorsien nie?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.