Ons is gyselaars van ons bevryders

WIE PAS DIE OPPASSERS OP?

Ons is gyselaars van ons bevryders

Kragonderbrekings. Bankrot semi-staatsinstellings. Politici en staatsamptenare, korrup tot op die been, wat nooit aan die pen ry nie. Afwesige dienslewering. 'n Ekonomie wat in die hek duik. Die son wat aanhou struikel en maar net nie kan opkom ná die beloofde nuwe dagbreek nie. En ons aanvaar dit gelate, want ons is vasgevang in ’n kringloop van mishandeling, skryf BETTINA WYNGAARD.

IN elke verhouding waar mishandeling plaasvind, is daar 'n voorspelbare kringloop.

In die eerste fase begin spanning opbou. Die mishandelaar vind fout met alles wat die slagoffer doen. Dis hier te kort en daar te lank. Die kos is te koud. Of dis te warm. Te sout. Of nie sout genoeg nie. Enigeen buite die verhouding kan sien dat hy (en dis gewoonlik 'n “hy”, alhoewel vroue ook kan mishandel) skoor soek, 'n verskoning vir die mishandeling wat vir seker volg.

Die volgende fase is die uitbarsting, wanneer die misbruiker sy behoefte om te misbruik bevredig. Soms is die geweld verbaal. Soms is dit fisiek. Soms begin dit verbaal en eindig met vuiste en hospitaalbesoeke. Dit hou net op wanneer die misbruiker uitgewoed is. In elke geval eskaleer dit tussen episodes...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.