Farieda Khan is 'n omgewings- en sporthistorikus wat in 2001 'n doktorsgraad in filosofie aan die Universiteit van Kaapstad behaal het. Sy het professionele ondervinding as konsultant in die assesering van sosiale impak en as omgewingsnavorser. Sy is 'n vryskutjoernalis wat oor 'n breë reeks onderwerpe skryf.
STUDENTEBETOGINGS
Stop akademiese verval en tree op teen dié wat geweld op kampusse aanblaas
Slegs met politieke steun sal rektore ferm kan optree teen brekers van infrastruktuur en intellektualiteit, skryf FARIEDA KHAN.
Deel
TALLE Suid-Afrikaanse universiteite is die laaste paar weke weer eens in ’n bekende chaos gedompel met studente-aktiviste wat uit woede betoog oor kwessies soos historiese skuld en ’n gebrek aan verblyf. Dit lyk asof nie net die ontwrigting van registrasie en klasse die norm geword het tydens betogings nie, maar ook die verwoesting van universiteitseiendom, brandstigting en openbare geweld.
In Februarie is talle geboue, waaronder ’n MIV-ondersteuningsentrum, van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) aan die brand gesteek. Betogers het klasse heeltemal tot stilstand geruk en R31 miljoen se skade op die kampus aangerig.
By die Durbanse Universiteit van Tegnologie het studente vuurwerk na sekerheidswagte gegooi; op die kampus van die Nelson Mandela-Universiteit in Port Elizabeth is vier studente in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ’n hofbevel wat gewelddadige betogings verbied, geïgnoreer het. Te midde van die chaos en intimidasie het sake tot ’n nuwe laagtepunt gedaal toe ’n student by die UKZN ’n bejaarde akademikus, emeritus professor Erwin Brüning, fisiek aangerand het. ’n Beloning is uitgereik vir inligting wat sal lei tot die skuldige se arrestasie, maar nie ’n enkele brokkie is tot dusver aangemeld nie. Dit in ’n situasie waarin mense toenemend dink hulle sal ongestraf bly en geen verantwoordelikheid hoef te aanvaar vir hul onwettighede nie. Wat ’n mens laat wonder: Hoe het ons by hierdie punt uitgekom?..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelFarieda Khan
HistorikusFarieda Khan is 'n omgewings- en sporthistorikus wat in 2001 'n doktorsgraad in filosofie aan die Universiteit van Kaapstad behaal het. Sy het professionele ondervinding as konsultant in die assesering van sosiale impak en as omgewingsnavorser. Sy is 'n vryskutjoernalis wat oor 'n breë reeks onderwerpe skryf.