Afrikaanse musiek – van preuts tot platvloers

TREFFERPARADE

Afrikaanse musiek – van preuts tot platvloers

Dieselfde onderwysers wat daardie jare die onskuldige “Wil jy dans, Carina?” in ons keelgatte afgedruk het, het nou geen probleem met graad 2's wat pouses op “Boerepompie" dans nie. YOLANDI GROENEWALD probeer sin maak van die trots Afrikaanse lawaaiwa waarop elke Jan Rap en sy maat deesdae wil klim.

“ALMAL like van ’n boerepompie, haal die krismiswurm uit,” blêr Ricus Nel oor die skool se luidsprekers terwyl die graad 2’s aanlê vir hul naellope by die laerskool se jaarlikse interhuis. Op die podium flos die o.10’s se 1,200 m-wenners heerlik saam terwyl Nel en sy vriend Snotkop verklaar dat jy “’n bietjie trek” en “’n bietjie stoot”, en dan die krismiswurm sommer laat “wikkel op jou skoot”.

Dis duidelik een of ander onderwyser het nou lelik drooggemaak met die speellys. Maar dan volg die skool-DJ “Boerepompie” op met Jay en Lianie se “Da’ Vat Hy”, en nou dans al wat ’n ouer en kind is saam op die paviljoen. “Jissie, maar hulle speel cool musiek,” verklaar ’n puisiegesig langs my en sy stem breek van opwinding terwyl hy sing: “Niks fout met 'n drieliter-Ford, twee liter coke, een brandewyn-lyfie met haar rokkie kort.”

Ek bloos bloedrooi en voel soos ’n preutse tannie wat heeltemal uit voeling is met die jeug van vandag, en trek my rok laer af. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.