Dis wragtag nie meer ’n land vir vroue of kinders dié nie

OM TE WEET WAT EK WEET

Dis wragtag nie meer ’n land vir vroue of kinders dié nie

Sy is altyd opgewonde om terug huis toe, Kaapse Vlakte toe, te gaan, sê ANASTASIA DE VRIES, maar deesdae is sy ook angstig. Wie se geliefdes sou hierdie land nou weer opgeëis het? En sy wonder hoe sy eendag aan die geslagte ná haar verantwoording sal kan doen ...

DAAR’S altyd die opwinding wanneer ek terugkeer na die plek waar ek vandaan kom. En deesdae die angs. Die lewe het te goedkoop geraak. En as jy jou oë knip, sal So-en-so of So-en-so se kind nog daar wees as jy die slag weer huis toe kom?

Gelukkig hoef ’n mens nie lank te wonder nie. In my Ravensmead speel die lewe immers in die strate af. Niks is geheim nie. En almal weet as jy wil weet wat in my plek aangaan of wat die mense van alles en nog wat in onse land dink, loop kry jou sit in die hairdresser, antie Gayle s’n verkieslik. Haar salon is beter as ’n koerant of ’n radio of die televisie. Antie Gayle weet en sien alles, en in die koor vroue wat altyd hier hul beurt sit en afwag, tel elke stem. En sy gee glad nie om as ’n mens sommer vir asprissegeit daar kom rondsit nie.

Dis my plek dié..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X