POLITIEKE NOTABOEK | Dis kaputt, kameraad Busi

DIE WEEK IN POLITIEK

POLITIEKE NOTABOEK | Dis kaputt, kameraad Busi

Kaputt. Ephukile. Σπασμένα. Rotto. Сломаны. Finish en klaar. Dit is die skrif wat “openbare beskermer”, Busisiwe Mkhwebane, aan die muur lees. Maar sy en haar RET-kamerade veg voort, soos 'n worshond wat ’n ou onderbroek rondskud, skryf MAX DU PREEZ.

VERSKEIE regters het al baie nare goed van die regbank af oor Busisiwe Mkhwebane gesê, onder meer dat sy onder eed gelieg het. Die Valke ondersoek nou ’n aanklag van meineed teen haar. Maar niks was so erg soos die skrobbering wat sy dié week van regters Elias Matojane en Dunstan Mlambo van die Gautengse hooggeregshof gekry het nie.

Sy het haar magte op ’n onwettige manier misbruik; sy het die reg heeltemal verkeerd geïnterpreteer; om ’n “onverstaanbare rede” het sy die etiese kode verdraai; haar bevindings was nie net irrasioneel en onwettig nie, maar ook roekeloos.

“Die gevolgtrekking is onvermydelik dat die openbare beskermer geheel en al daarin gefaal het om die feite en getuienis voor haar behoorlik te ontleed en te verstaan. Sy het 'n totale gebrek aan basiese kennis van die reg en die toepassing daarvan ten toon gestel,” was Matojane se woorde...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.