Covid-19: Suid-Afrika word deur ’n perfekte storm bedreig

MÔRE GAAN 'N ANDER LAND WEES

Covid-19: Suid-Afrika word deur ’n perfekte storm bedreig

Selfs al was Suid-Afrika kerngesond, sou ’n krisis soos die Covid-19-pandemie die land kwaai beproef het. Maar ná die verwoesting van die Zuma-jare wat ons staat en sy instellings verswak, ons ekonomie gesaboteer en ’n verlammende energiekrisis veroorsaak het, kan die pandemie die land op sy knieë dwing. Môre gaan ’n gans ander land wees, skryf MAX DU PREEZ.

DIE grootste verrassing van die pandemie is nogal ’n aangename een: Die Suid-Afrikaanse regering het vinniger en meer beslis as die meeste ander lande opgetree om die impak van die nuwe coronavirus te versag.

Die Ramaphosa-regering se inisiatiewe tot fisieke afstandskepping (social distancing) deur grense en skole te sluit, groot byeenkomste te verbied en kroeg- en restauranture te beperk, is vroeër in die bedreiging as in Amerika, Brittanje en die meeste Europese lande afgedwing. 

Die stappe om die verspreiding van vals inligting oor die pandemie strafbaar te maak en die regulasies om die pryse van relevante produkte soos handontsmetter en basiese kossoorte vas te pen, is ook ongewoon pro-aktief vir 'n regering wat dusver gesien is as traag om daadwerklik op te tree...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.