Die groot corona-koop: Nee, sies, mense!

UBUNTU, ASSEBLIEF

Die groot corona-koop: Nee, sies, mense!

Hulle is daar om corona-oordeelsdagkos te koop. Trollies vol. Effe ongeskik, nie soos gewoonlik wanneer jy bedagsaam plek maak vir mekaar in die nou gange tussen die winkelrakke nie. Dis nog nie tyd om die duur biefstuk te plunder nie, of is dit? ELSABÉ BRITS skryf oor die voorreg om aan kooppaniek deel te neem.

DIT lyk asof mense die Woolworths geplunder het. Tog, en dit is baie belangrik om hiervan kennis te neem, het hulle dit op ’n beskaafde manier gedoen. Onthou dit. Hulle het ál die salm gekoop. Selfs die klein bakkies salm – die voorgereggies.

Daar was darem onder meer tamaties en wyn oor vir die ander mense.

Met die instapslag Dinsdag by die groot Pick n Pay in die Tuinesentrum in Kaapstad sien ek hiér het iets verander. Daar is opvallend baie middeljarige mans wat hul trollies vasbeslote bestuur. Nie stoot nie, bestúúr...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.