Het die Bybelse Apokalips aangebreek?

TIKKENDE TYDBOM

Het die Bybelse Apokalips aangebreek?

Die boek Openbaring skets ’n reeks oordele wat die mensdom tref aan die hand van vier perderuiters wat onderskeidelik valse vrede, hongersnood, oorlog en pessiekte verteenwoordig. ANTHONI VAN NIEUWKERK bekyk die huidige wêreldkrisis aan die hand van vier moderne perderuiters, waaronder die ekonomie en die omgewing. Kan ubuntu ons Afrikane red?

IS die wêreld buite beheer? Gaan dit erger as tevore en lei dinge onafwendbaar na ’n katastrofiese einde? Sit ons op ’n tikkende tydbom?

Die Bybelse Openbaring skets ’n reeks oordele wat die mensdom tref. Vier perderuiters beeld die onmenslikheid van die mens teenoor hul medemens uit. Onthou die wit perd: vals vrede; die rooi perd: oorlog; die swart perd: na-oorlogse hongersnood; en die vaal perd: pessiektes en dood.

Daar is ook verdere oordele, soos ’n reuse-aardbewing, kontinentale brande, ’n meteoriet wat die aarde tref, suurreën, ’n verskeidenheid van siektes en peste, waaronder pandemies en sprinkane...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.