Hoe lank gaan kapitalisme nog oorleef?

HIER OM TE BLY

Hoe lank gaan kapitalisme nog oorleef?

Die liberale kapitalisme wat ons sedert 1991 leer ken het, gaan waarskynlik oor twee of drie dekades baie anders lyk. Die politieke ekonoom ISMAIL LAGARDIEN plaas dié onderwerp onder die vergrootglas.

EK is verlede Vrydag ’n vraag tydens ’n bespreking getiteld Populism's Underbelly by die Stellenbosse Woordfees gevra en kon dit nie beantwoord nie. Die probleem was dat die vraag groter as die antwoord was, want dit dwing ons om skerper en dieper te dink voordat ons ons mond oopmaak en ons eie “wysheid" uitspoeg. As ek reg onthou, was die vraag oor kapitalisme – in watter toestand dit is en waarheen dit dalk op pad is.

Dit was dus ’n enorme vraag wat ’n lang antwoord in ’n baie beperkte tyd vereis het. Ek moet ook erken byna alles wat ek al oor ekonomie, politieke ekonomie, ekonometrie, statistieke en die filosofie van sosiale wetenskap geleer het, het ek aan die Londense Skool vir Ekonomie geleer. Wat beteken dat ek verwante kwessies moeilik in Afrikaans bespreek, hoewel dit my moedertaal is. Toe ek deel van die paneel by die Woordfees was, het ek Afrikaans vlot probeer praat – en klaaglik misluk. Hier is dus my poging om die betrokke vraag te beantwoord.

Krisis op krisis..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.