OPSIGTELIK afwesig in die lys van rykes wat groot bedrae geld vir Suid-Afrika se stryd teen Covid-19 geskenk het, is die EFF-miljoenêrs (die tenderpreneurs, dié wat miljoene by die VBS Bank gesteel het, asook Dali Mpofu wat 'n goue handdruk van R15 miljoen by die SABC gekry het, ensovoorts), die maatskappye wat by staatskaping baat gevind het (Trillian, Regiments Capital en kie), Jacob Zuma se groot skenkers (Roy Moodley, Toshan Panday, Vivian Reddy, die Broers Gupta), Zuma self, sy miljoenêr-seun Duduzane, en mediamagnaat Iqbal Survé en sy Sekunjalo Investments.
Onder dié wat wel ruim bygedra het, is die poster boys van witmonopoliekapitaal: Johann Rupert, sy familie en van sy maatskappye (R2 biljoen), die Oppenheimer-familie (R2 biljoen) en Naspers (R1.5 biljoen).
Net laas week het die RET-koor se rasieleier, Carl Niehaus, verklaar dat die Guptas nie die werklike staatskapers was nie: “We continue to be captured by the likes of the Ruperts, the Oppenheimers, the Christo Wieses, the Stephen Koseffs, the Brian Joffes, the Koos Bekkers, the Stellenbosch mafia, and their companies”...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.