Vrot somme skets ’n donkerder virus-prentjie as wat nodig is

DIE SYFERS PRAAT

Vrot somme skets ’n donkerder virus-prentjie as wat nodig is

Covid-19 is erg genoeg, ons hoef dit nie erger te maak deur swak ontleding van die syfers nie, skryf DEON GOUWS.

MY ma is 93 jaar oud en woon in Johannesburg. Genadiglik is sy redelik gesond vir iemand van daardie ouderdom. Ek het haar sowat ’n maand gelede laas gesien; sy het goed gelyk in die omstandighede.

Maar vandag is ek besorg oor haar, want vanweë haar ouderdom is sy waarskynlik in baie groter gevaar wat die corona-virus en sy dodelike gevolge betref as die meeste mense om haar. Ons het almal al die statistieke gesien: As jy gelukkig genoeg is om jonger as 50 te wees, sal Covid-19 jou waarskynlik nie te erg raak indien jy dit opdoen nie. Vir enigeen ouer as dit begin die risiko van ’n slegte uitkoms egter inkrementeel toeneem namate jou ouderdom styg.

Ek begin met verwysing na my eie ma ingeval iemand dink ek neem hierdie siekte ligtelik op. Inteendeel, dis sonder twyfel ’n uiters ernstige kwessie uit my persoonlike oogpunt. Covid-19 is angswekkend vir baie, ook sommige jonger pasiënte wat tot nog toe andersins gesond was (hoewel hierdie groep volgens alle aanduidings ’n betreklike klein persentasie van die totaal is)...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.