Zim se MDC: Verdeeld en oorheers

POLITIEK IN ZIMBABWE

Zim se MDC: Verdeeld en oorheers

Dit was eens 'n effektiewe baken van hoop vir miljoene, maar nou is Zimbabwe se opposisie, die MDC (of MDC-T of MDC-N of MDC Alliance – kies een), op sy knieë, skryf PETA THORNYCROFT.

DIE hooggeregshof het Dinsdag uitspraak gelewer wat in breë trekke beteken die huidige partyleier, Nelson Chamisa (42), is nie die party se ware president nie. Daarmee verbeur die party ook sy besittings – sy hoofkantoor in die middestad van Harare, voertuie en die sowat R350,000 wat hy van die parlement ontvang.

Terwyl die uitspraak gelewer is, het die polisie die partyhoofkantoor omsingel en gekeer dat lede ingaan. Die volgende oggend was die polisie steeds daar; dit het gelyk asof dit als deur die regerende Zanu-PF gechoreografeer is terwyl die stad verlate is weens die corona-inperking wat twee dae tevore begin het.

Daar is waarskynlik geen ander politieke party wat met meer fanfare en gejuig in 'n eenpartystaat op die toneel verskyn het as die Movement for Democratic Change (MDC) nie, 'n party wat boonop sy eerste referendum gewen het net nege maande nadat dit in 1999 gestig is. Dit was immers die opkoms van die MDC wat die Zanu-PF en sy leier, oudpresident Robert Mugabe, laat skrik het aangesien sy party sedert onafhanklikheidswording in 1980 geen werklike opposisie gehad nie. In reaksie het Mugabe en sy senior partygenote toe summier grondgrype toegelaat – wat die ekonomie verwoes het – grootliks omdat baie wit boere en plaaswerkers die MDC gesteun het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.