CORONA EN POLITIEK
Inperking: Gaan dit opposisiepartye knak?
Die tydelike opskorting van ons mees basiese grondwetlike, ekonomiese en demokratiese regte is op aandrang van die staat en met goedkeuring van die burgery, skryf PIET CROUCAMP. Maar wat lê nou voor vir die grootste opposisiepartye?
CORONA EN POLITIEK
Inperking: Gaan dit opposisiepartye knak?
Die tydelike opskorting van ons mees basiese grondwetlike, ekonomiese en demokratiese regte is op aandrang van die staat en met goedkeuring van die burgery, skryf PIET CROUCAMP. Maar wat lê nou voor vir die grootste opposisiepartye?
Deel
DIE doodsengel het reeds aan die ekonomie se deur geklop teen die tyd dat Covid-19 die land via ons drie grootste internasionale lughawens binnegesluip het.
Tog was daar konsensus onder byna alle politieke partye dat die staat nie slegs van die mees fundamentele politieke regte van Suid-Afrikaners moet inperk nie; daar was ook konsensus dat die ekonomie byna onmiddellik tot stilstand gedwing moet word. Of dit die doeltreffendste manier is om die impak van die virus te beheer, sal net die tyd ons leer.
Pres. Cyril Ramaphosa het nie net byna elke belangegroep in die politieke ekonomie betrek voor hy die noodsaaklike gedoen het nie, hy het ook alle politieke partye in die nasionale vergadering gekry om 'n gelofte van getrouheid aan die opskorting van politieke en ekonomiese regte in die openbaar af te lê. Nou, in die tweede week van die inperking, begin opposisiepartye besef dat die nuwe status quo ook druk op hul eie politieke slagare uitoefen. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Piet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.