Paniek in Eldo’s én in Philly, maar SA en Trump se VSA is...

STILTE IN DIE STRATE

Paniek in Eldo’s én in Philly, maar SA en Trump se VSA is wêrelde uitmekaar

SHENID BHAYROO, ’n Suid-Afrikaanse professor aan die Saint Joseph's University in Philadelphia, gee ’n blik op die coronavirussituasie in sy tuisstad en die VSA. Hoewel hy meen hy is taamlik bevoorreg vergeleke met sy vriende en familie in dele van Suid-Afrika, klink dit of ons president en regering minstens sake beter hanteer ...

  • 10 April 2020
  • Vrye Denker
  • 19 min om te lees
  • artikel 8 van 27
  • Shenid Bhayroo

TEEN die tyd dat Jim Kenny, burgemeester van Philadelphia, op 23 Maart ’n tuisblybevel vir die stad se 1.6 miljoen inwoners uitgereik het, het die gesondheidsdepartement bevestig dat daar reeds 96 Covid-19-gevalle in die stad was. Die bevel het vereis dat alle inwoners van Philadelphia by die huis bly, tensy hulle by noodsaaklike persoonlike aktiwiteite betrokke is, soos in die bevel uiteengesit.

Gerugte van ’n “tuisbly”-opdrag in dié stad het reeds vroeg in Maart die ronde op sosiale media begin doen, byna ses weke voordat die eerste coronavirusgeval 4,500 km verder in Seattle, Washington, aangemeld is.

Die superintendent van die skoledistrik van Philadelphia het ’n week vroeër bekendgemaak dat al die openbare skole in die stad vir twee weke sou sluit, van 16 tot 27 Maart. Dit is egter verleng tot ’n onbepaalde datum nadat die goewerneur van Pennsilvanië ’n staatwye tuisblybevel uitgereik het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.