POLITIEKE NOTABOEK | Cyril die Bekwame se nagmerrie is sy ...

DIE WEEK IN POLITIEK

POLITIEKE NOTABOEK | Cyril die Bekwame se nagmerrie is sy onbekwame burokrasie

Ramaphosa was flink uit die corona-blokke, maar nou kan sy kabinet en staatsdiens hom laat struikel, want die mooi planne moet uitgevoer word, skryf MAX DU PREEZ.

PRESIDENT Cyril Ramaphosa se optrede sedert die begin van die Covid-19-krisis het hom internasionaal ’n baken van verantwoordelike leierskap gemaak, op dieselfde vlak as Duitsland se Angela Merkel en Suid-Korea se Moon Jae-in.

Hy konsulteer, hy luister na die wetenskaplikes en hy neem doelgerigte besluite. Dit kan nie van die meeste ander staatshoofde gesê word nie, allermins van die sogenaamde leier van die vrye wêreld, Donald Trump.

Maar Merkel, Moon en die staatshoofde van ander ontwikkelde nasies het die voordeel dat hulle bekwame state met sterk ekonomieë en relatief effektiewe burokrasieë lei...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.