Prioriteite in ’n post-pandemiese wêreld

CORONA EN ONGELYKHEID

Prioriteite in ’n post-pandemiese wêreld

Gemeenskappe sal iets drasties omtrent ongelykheid in die samelewing moet doen en hulp aan die armes sal moet voorkeur geniet as die Covid-19-pandemie eers verby is, skryf STEVEN FRIEDMAN. Mense moet ’n billiker stelsel help skep, want regerings kan dalk onwillig wees om beleide te verander.

IN watter soort wêreld wil ons leef wanneer ons nie meer Covid-19 hoef te vrees nie? Feitlik almal stem saam dat die pandemie die wêreld vir altyd gaan verander. Net mooi niemand stem saam oor hoe die nuwe wêreld gaan of behoort te lyk nie.

’n Hoopvolle standpunt is dat die virus foute in die samelewing blootgelê het wat reggestel sal word. Anthony Fauci, wat die Amerikaanse nasionale respons op Covid-19 lei, sê die land sal aandag aan die ongelykhede in sy gesondheidstelsel moet gee.

Die tydskrif Forbes, geensins ’n radikale stem nie, het in ’n artikel voorspel dat die pandemie gesondheidsorg vir almal “’n meer standaardsiening” gaan maak en ondersteuning vir ’n minimum loon en werkloosheidsvoordele gaan skep...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.