LESERSBRIEF | ‘Ons kort ’n derde werkbare weg’

DEMOKRASIE VS. GEREGTIGHEID

LESERSBRIEF | ‘Ons kort ’n derde werkbare weg’

Hoe om die ekonomiese bestel reg te stel is problematies. Dis nie ’n eenvoudige keuse tussen kapitalisme en sosialisme nie, meen ’n leser. Hy bepleit ook ’n geregtigheidsamelewing.

MET dié dat die kommentariaat, asook ons president, praat van 'n totale verandering in ons nasionale opset ná die pandemie, wil ek graag 'n pleidooi lewer: Laat ons asseblief daarop gerig wees om 'n geregtigheidsamelewing (a just society) tot stand te bring. Dit behels veel meer as demokrasie.

Trouens, demokrasie en geregtigheid is onverwante idees. Athene, die bakermat van Westerse demokrasie, het deelname deur vroue uitgesluit en slawerny beoefen. Selfs Plato se republiek het slawerny goedgekeur en geïnkorporeer, alhoewel hy gelyke status aan vroue gegee het. Laasgenoemde egter nie op grond van geregtigheidsoorwegings nie.

Suid-Afrika het gelukkig reeds instellings met elemente van 'n geregtigheidsamelewing in werking. Ons het 'n uitstekende oktrooi van menseregte en ons Grondwet maak voorsiening vir die oppergesag van die wet; dit verbied arbitrêre uitoefening van gesag en beperk die magte van die wetgewer om inbreuk te maak op ons fundamentele regte. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X