Dis 2 minute voor middernag: Gaan Ramaphosa se ANC oorleef?

BROEI EN KNOEI

Dis 2 minute voor middernag: Gaan Ramaphosa se ANC oorleef?

Covid-19 is dalk op almal se lippe, maar die Zuma-Ace-faksie lek hulle lippe af om weer beheer oor die ANC te kry, skryf OSCAR VAN HEERDEN.

  • 08 Mei 2020
  • Vrye Denker
  • 5 min om te lees
  • artikel 11 van 27
  • Oscar van Heerden

KAN ons te midde van die Covid-19-pandemie met gerustheid aanneem dat die strydende faksies in die regerende party op ’n skietstilstand ooreengekom het? Of sal dit te veel wees om voor te hoop? Die CR17-groepering is per slot van rekening grootliks besig om die land te regeer en dit na ’n veilige hawe te lei in die lig van die coronavirus-chaos. Waarmee hou die ander groepering in die ANC-hoofkantoor hom dan besig?

In my boek*, Two Minutes to Midnight: How the ANC survived Nasrec, wou ek ’n prentjie skets wat sê die strydende faksies is beslis op hul stryd toegespits en berei hulle voor op ’n reuse-konfrontasie tydens die komende byeenkoms van die ANC se nasionale algemene raad (NGC) einde Julie of begin Augustus 2020. Dis ’n konstitusionele struktuur van die party en die vergadering vind halfpad tussen verkiesingskonferensies van die ANC plaas. Die laaste een was die nou beroemde Nasrec-verkiesingskonferensie waar Cyril Ramaphosa sy opponent en Jacob Zuma se voorkeurkandidaat, Nkosazana Dlamini-Zuma, naelskraap oorwin het.

Wen is wen..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.