LESERSBRIEF | Gay en in die politiek – waarom dit saakmaak

ONS KORT ROLMODELLE

LESERSBRIEF | Gay en in die politiek – waarom dit saakmaak

Dit gaan nie oor of jy glo homoseksualiteit is reg of verkeerd nie. Dit gaan daaroor om vir ons kinders 'n kans te gee om 'n veilige en gelukkige lewe te lei. Om drome te hê en om hulself te wees, skryf ’n leser.

  • 08 Mei 2020
  • Vrye Denker
  • 5 min om te lees
  • artikel 24 van 27

AS jy gay is, raak jy gewoond daaraan om te hoor “ek het nie 'n probleem met jul leefstyl nie, maar moet julle dit in ons kele afdruk!” – 'n swak woordkeuse, maar ja.  Met die inperking, waar ons almal se lewe so privaat is, het ek so ’n bietjie hieroor gedink. Ek het ook verder gegaan om te dink oor hoekom dit belangrik is vir my om oop te wees oor my seksualiteit as ’n politikus en ’n verkose verteenwoordiger.

My pad na selfaanvaarding was maar 'n moeilike een, soos so baie in die LGBTQI, of om die woordtelling te maak, kom ons noem dit maar net gay, gemeenskap. Ek het in 'n tipiese Afrikaanse huis groot geword met sterk Calvinistiese waardes. Ek was in Afrikaanse skole waar enige een wat nie inpas by die norm nie 'n sissie, of erger, genoem is. Daarom het ek destyds geweier om hierdie gevoelens in myself te erken.  Ek was oortuig dat as ek wel uitdraai om gay te wees, sal my lewe oor wees. Ek sou al my vriende verloor, my familie sou teen my draai. Ek sou geen werkgeleenthede hê nie en ek sou uitgesluit word uit my geloofsgemeenskap. Die ergste is ook dat ek natuurlik oortuig was dat ek, as ek sou gay wees, weens vigs sou sterf.

Hierdie vrese was  werklik vir my. Dit  was die 90’s, daar was geen gay rolmodelle vir my om na op te kyk nie. Die enigste gay mense van wie ek geweet het, was so 'n handjievol karakters op Amerikaanse programme, en my ma se haarkapper. Dus was daar niemand om hierdie gevoelens van vrees en selfhaat in my teen te werk nie. Daarom het ek alles in my vermoë gedoen om “normaal" te wees om in te pas en om 'n gelukkige lewe te lei...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.