Ouderdom is g’n rede om mense op die virus-altaar te verbrand

DIE PAD BYSTER

Ouderdom is g’n rede om mense op die virus-altaar te verbrand

Die wêreld se vlak obsessie met jeug steek ANNELIESE BURGESS nog altyd dwars in die krop, maar in die tyd van Covid-19 neem die narratief oor ouer mense 'n uiters donker wending. Ons moet ons houding teenoor ouer mense radikaal verander en ophou om hulle na die kante van die samelewing te skuif, sê sy.

MY vriendin is 70, haar man is 68. Sy is 'n sielkundige, hy 'n kunstenaar. In die tyd voor Covid het ons klompie elke Dinsdag vroegaand 'n paar doppe op hulle dek deurgewerk. Nou moet ons maar op die foon praat (en die whisky is in elk geval ook op). 

“Ek was vantevore nooit regtig bewus van my ouderdom nie," vertel sy my dié week. “Tot nou. Tot Covid. Ek lewe my lewe presies soos ek dit 10 of of 20 jaar gelede gedoen het. Natuurlik is daar 'n paar ekstra skete en pyne by, maar ek sien myself as net so integraal deel van die samelewing as vantevore. Ek konsulteer nog elke dag met kliënte, ek lees wyd, ek skryf akademiese stukke, ek stap, ek swem, ek werk in die tuin, ek drink 'n dop of twee of drie."

Ek en Judy lewe ons lewe op presies dieselfde manier, al is daar biologies 'n 20-jaar-verskil in ons ouderdomme. Dié ouderdomsverskil is totaal irrelevant...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.