Is Arabies die spyker in Maleis se doodskis?

HERKOMS EN KULTUUR

Is Arabies die spyker in Maleis se doodskis?

Die Maleise kultuur en tradisies in Suid-Afrika kry al hoe meer ’n Arabiese kleur en geur – en dis ’n uiters kommerwekkende verskynsel, skryf ISMAIL LAGARDIEN. Hy ondersoek van die moontlike redes vir die verarabisering.

SUID-AFRIKA het die afgelope drie dekades op baie maniere verander – goed én sleg. Van die veranderings was opwindend, ander geweldig teleurstellend. Een van die teleurstellende veranderings – eintlik dalk meer verwarrende – is die herlewing van ras- en stamgedrewenheid in Suid-Afrikaanse politiek. Spesifiek, en meer persoonlik vir my, word ek taamlik gekwel deur die manier waarop die Maleise kultuur, veral in Kaapstad waar ek nou woon, toenemend verarabies.

Vir die rekord: Ek is gebore in wat eers die Maleierkamp genoem is in die buitewyke van Johannesburg waar Paul Kruger vir die Maleiers – vermoedelik bevryde slawe – in die laat 1880’s ’n plek gegee het om huise te bou. My oupa, Imam Adnan (Imam Perskes) Abrahams, het die eerste moskee in Vrededorp help bou nadat die Maleiers in die 1800’s in Johannesburg aangekom het.

Moontlik simbolies van hierdie hernude rassefokus in Suid-Afrikaanse politiek is die behoud van apartheid se rasklassifiseringstelsel, maar die ANC en sy volgelinge sal dit nie verander nie. Dit verteenwoordig nou ’n glyskaal van opportunistiese geldelike gewin en vir die verdeling van geregtigheid. Sê bloot jy’s meer as die volgende persoon vervolg en jy beweeg na voor in die ry...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.