LESERSBRIEF | ’n Pandemie-pakt tussen twee ma’s

BESTE MAATS

LESERSBRIEF | ’n Pandemie-pakt tussen twee ma’s

Vriendskappe word soms uit die mees onwaarskynlike situasies gebore. Toe ’n leser en haar man hul leë woonstel vir hul huishulp en haar gesin aanbied, het nie een van hulle kon dink hoe dié twee gesinne mekaar tydens die grendeltyd sou ondersteun nie. En die band wat tussen hul kinders gesmee is, is ’n verhaal wat jou hartsnare sal roer.

  • 15 Mei 2020
  • Vrye Denker
  • 3 min om te lees
  • artikel 24 van 24

EK het 'n sesjarige seuntjie met Downsindroom wat nie praat nie. Hy kommunikeer dikwels deur te huil uit blote frustrasie omdat mense hom nie verstaan nie. Hy verstaan alles wat om hom aangaan. Ons pas “total communication" by die huis toe: gebare taal, prentjies, musiek en enige ding wat hy kan gebruik om homself mee uit te druk. Deur die dag is hy normaalweg in 'n Montessori-skooltjie wat meer geduldig en tegemoetkomend is. Alhoewel hy gelukkig voorkom in die skool het hy nie werklik maatjies nie en is baie alleen.

'n Week voor die land in 'n grendelstaat sou ingaan, kondig my huurder aan dat sy terugtrek na haar ouers toe noudat die universiteite gesluit is. Ek en my man praat toe die aand lank oor die leë woonstel wat dalk 'n heenkome kan wees vir iemand wat in nood verkeer. Dit kom toe ook só dat Jeanette, ons huishulp, se man sy werk as taxibestuurder verloor en hulle sonder 'n veilige heenkome met hul twee kinders sit. Ons stel die woonstel vir haar gesin beskikbaar en twee dae later trek hulle in.

Jeanette se kinders is onderskeidelik twee en agt jaar oud en ek en my man het ook 'n 18 maande oue dogtertjie. Met vier kinders in die huis kom die huis byna nooit tot ruste nie. Bjorn en Koketso is feitlik met die eertse oogopslag maatjies. Koketso is Sepedi en verstaan nie Afrikaans of Engels nie, dus pla Bjorn se spraak hom min. Die twee vorm 'n bonatuurlike band en speel van vroeg die oggend tot laat die aand saam; hulle spring op die trampolien, swaai, bou blokkies, jaag resies met karre, en kyk saans saam flieks en eet springmielies...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.